Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Dié studente-aktivis en leier eien haar ruimte en veg vir inklusiwiteit, en nou’s sy ook ’n stem vir ander
CASS EN REHANE SOOS VINKEL EN KOLJANDER • Dié bekende ma en dogter het elkeen hul merk gemaak in hul onderskeie roeping, nou gee hulle ons ’n rare kykie in hul lewens en besonderse verhouding
OOP GRAFTE KRAP WONDE WEER OOP • ’n Begrafnis is al klaar emosioneel uitmergelend en die hartseer van jou verlies blywend – hoeveel erger is dit nog as geliefdes se grafte skielik begin ‘oopspoel’?
’N VEILIGE HAWE IN DESPERATE TYE • ’n Namibiese egpaar het in 2018 deur hul stigting ’n veilige hawe vir weggooibabas geword. Vandag is dié huis ’n baken van hoop wat al 120 babas ’n nuwe kans op die lewe gegee het
JOGA TEEN DIE EUWELS • ’n Twaalfjarige seun van ’n bende- en dwelmgeteisterde gebied op die Kaapse Vlakte vertel hoe joga hom soos ’n wapenrusting teen aanslae beskerm
GEE PAD VOOR, HIE’ KOM ’IE CURVES! • Stap is medisyne, het my fisioterapeut maande terug gesê toe ek daar instap met ’n seer rug. Ek kan nou getuig sy was in die kol ná ’n oggend saam met ’n Kaapse stapklub met ’n verskil
VAN KLEIN VERHOË NA BROADWAY! • Gemeenskap, klein verhoë, en die vroue in haar lewe het gesorg dat dié gebore Kapenaar haar merk in New York én op Broadway maak
DIS 'N KEENAN-EN-TOUFIQ-DING! • Ons loer in by die paartjie wat mense laat skaterlag met hul TikTok-streke
’N HEUNINGSOETE OORWINNING • Hy moes gereeld onder kritiek deurloop, maar ná die Proteas se sege op Lord’s is die land se krieketkaptein, Temba Bavuma, verlos van dié las
Pannekoek-TE LEKKE'! • Van die nederige basaarpannekoek tot spoggerige pofpannekoek – ons het iets vir almal
4 MANIERE MET HEMDE • ’n Trendy hemp sal enige dag jou look level-up. Ons wys hoe jy met vier soort hemde die koppe kan laat draai
WINTERMOOI VAN KOP TOT TONE • Winter beteken dalk koebaai, skeer, en hallo, tracksuits en trooskos, maar ‘summer bodies are made in winter’, so kyk na jouself sodat jy teen lente kan skitter. Jy kan begin met ’n mooi wintervel deur ’n ligte afskilfering
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
WANNEER GEHOOR JOU BREIN BEÏNVLOED • Gehoorverlies is meer as net ’n irritasie – dit kan jou risiko vir demensie verhoog. Maar jy kan iets daaromtrent doen
OORKOM SÓ DAAI SKAAM GEVOEL • Dis nie net kinders wat oor hulle woorde struikel of met ’n mond vol tande staan as hulle voor vreemde mense moet praat nie. Skaamwees kan ook grootmense pootjie
KLEIN BEGIN, GROOT GEWIN • ‘Winter’ en ‘trooskos’ is pasmaats, en niemand wil ná die koue na ’n ongesonder self in die spieël staar nie. Dié 49 leefstylveranderinkies kan jou baie ver bring
GENERASIE Z IN DIE WERKPLEK • Kenners vertel hoe jonger kollegas in die werkplek vaar, en ons gee ook wenke aan gegradueerdes wat begin werk soek
KRY DIE EERSTE 1 000 DAE VAN LEWE REG • Die eerste 1 000 dae van jou kind se ontwikkeling is uiters belangrik. Kenners gee raad oor hoe jy hulle kan help om hul mylpale te bereik
KLEUR IN • ONS HET ‘N MOOI PRENTJIE VIR JOU OM IN TE KLEUR. DIE KLEINER PRENTJIE IS HOE ONS ONS S’N INGEKLEUR HET, MAAR JY KAN JOUNE INKLEUR NES JY...