Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Kla… op die régte manier
Weg! Platteland
Vertel ons
Nuus & dagboek • Die lente blom en die langer dae bied oorgenoeg opwinding om Jan Tuisbly uit sy karretjie te lok. Kry jou kop in die blomme en jou vingers in die grond, leer jou hond ’n nuwe toertjie, of ervaar die wonder van oestyd op ’n kersieplaas.
Vrystaatse kersiekarnaval!
Iets vir die spens
Nuwe toertjies vir ou (en jong) honde
Stanford blóm weer
Amarillis vir almal
Sop met ’n sopie
Dinge vir jou dagboek*
TEKEN NOU IN en betaal R84 per tydskrif • DIT IS 40% AFSLAG*
Ons gaan dorp toe! • Ons het ’n wye draai gery om dié lekker lentegoed vir huis, haard en huid op te spoor – van Alexandria, Gqeberha, St. Francisbaai en Hogsback tot Hopefield, Johannesburg, Kaapstad, Knysna, Piketberg, Plettenbergbaai, Stellenbosch en Vredendal
Kokers vol liefde op Kenhardt • In die droë, afgeleë dele van ons land is dit geloof en hoop wat die mense dikwels aan die gang hou. Maar dit is liefde wat hulle daar laat bly. ’n Liefde vir die veld, die diere, die plante en die mense. Gaan kyk maar net op Kenhardt.
Ontmoet die mense
In ’n neutedo(r)p
Wat kos eiendomme?
Eet, drink, wees plesierig!
Die wye Uitkyk • Macadamia-en wildsplase, kostuine, perde… in die salige stil Uitkyk-gebied, ’n klipgooi suidoos van Mpumalanga se hoofstad, Mbombela, het talle voormalige stadjapies vir hulle ’n nuwe lewe in die platteland uitgekerf.
Ontmoet die mense
Eet, drink, wees plesierig!
Skuilplek van stilte • Ná ’n “toevallige” ontmoeting het die skrywer Zelda Nel Bezuidenhout en haar man, Izak, in die Skuilkrans-private natuurreservaat buite McGregor die perfekte plek gekry vir die eko-en troeteldiervriendelike, netwerkonafhanklike skryf-en wegkomplek waaroor hulle gedroom het.
Kuier of koop op Skuilkrans
’n Laaste toevlug teen Gamsberg • Teen die Gamsberg van Namibië het ’n hele klompie paaie van historiese oorsprong gekruis voordat die veelbekroonde skrywer en digter Piet van Rooyen en sy vrou, Annalie, vyf jaar gelede húlle wortels hier kom plant het.
Fontein van lewende water • Mense en besighede was nog altyd skaars op Rietbron, ’n waterryke klein oase in ’n deel van die Groot-Karoo wat Die Vlak genoem word. Maar ’n salige rustigheid stap oral saam met jou deur die grondstrate.
Saffraan Sonskyn in speseryvorm • In die Moutonshoekvallei noordwes van Piketberg kweek Bennie en Anél Engelbrecht die duurste spesery ter wêreld: saffraan. Nou nooi hulle belangstellendes met toegang tot so min as ’n kwart hektaar grond om sáám met hulle ’n volhoubare bedryf in Suid-Afrika te vestig.
Hoe ruik en proe saffraan?
Wil jy met saffraan boer?
Raak kreatief met saffraan
Hou jou oë op die lig • Op Steynsburg het ’n spesialisveearts en ’n kind van Soweto begin saamwerk om die wêreld beter te maak. Hulle beginsels is eenvoudig: Wees lief vir jou bure en hulle beeste, help waar jy kan. Dan sal alles ligter word.
Boerdery gee my Veerke • As kind het die voormalige Paralimpiese atleet Sibusiso Mogale saadjies gesaai in sy ouma se groentetuin. Daardie wonder – om iets te plant en te wag om te sien hoe jou groente groei – is iets wat hom bygebly het. Vandag het hy sy eie stukkie grond, en al is daar...