Rooi rose vier haar terugkeer na die rakke! Ja, jy het reg gelees - na 'n afwesigheid van 'n jaar en 'n half sal die Januarie 2022 uitgawe vanaf 17 Desember 2021 by meeste groothandelaars beskikbaar wees. Ons is steeds sinvol, stylvol en propvol met aktuele artikels, stories oor bekendes, inspirasiestories, mode, dekor, resepte, blokraaie, verhale en 'n paar toevoegings soos nuwe rubriekskrywers, hekelpatrone en nog meer. Dit als vir slegs R49,90!Ons sien saam met al ons lesers uit om weer agteroor met 'n gedrukte kopie in die hand te sit, die varsgedrukte reuk in te asem en net vir 'n wyle met heerlike leesgenot te ontspan.
GENOEG
Rooi Rose
ALMAL wil 'n MAATJIE (vir jou) HÊ • DIS AL SO LANK DAT DIE UWE ’N ALLEENLOPER IS, DIS FEITLIK ’N GEGEWE DAT DIT HAAR BESTEM IS. EN DIE GODE HET BESLUIT HULLE HET REEDS HUL HANDE VOL
Mooi, mooier, MIA! • AS DIE EERSTE DOWE SKOONHEID WAT AAN MEJ SA DEELGENEEM HET ÉN DIE KROON GEWEN HET, VERSKUIF MIA LE ROUX GRENSE. SY VERTEL VAN DIÉ WARRELWINDJAAR MET SY HOOGTE- EN LAAGTEPUNTE, DIE LIEFDE IN HAAR LEWE, EN HOE SY ELKE DAG STREEF OM ANDER TE VERSTAAN EN HUL STORIES TE HOOR
Pedro & Hennie – DIENAARS VAN TEATER • HENNIE VAN GREUNEN EN PEDRO KRUGER IS NIE NET TEATERMEESTERS NIE. HIERDIE DUO DIEN HUL GEMEENSKAP MET GRENSVERSKUIWENDE TEATER
SY VAT DIE SOET SAAM MET die suur • DIE BEKROONDE AKTRISE MIENKE EHLERS WAT ONLANGS BY DIE SUIDOOSTERFAMILIE AANGESLUIT HET, IS IEMAND WAT GROOT DROME KOESTER, MAAR OOK AAN ’N GESONDE BALANS IN DIE LEWE GLO
'n Passie vir PLANTE • LEON KLUGE STAAN AAN DIE HOOF VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SPAN BY DIE CHELSEA-BLOMMESKOU. SY LIEFDE VIR TUINE EN TUINMAAK IS DUIDELIK IN SY WERK TE SIEN
Sneeu-KONINGIN • BLY WARM IN WIT EN YSBLOU AS DIE KOUE DREIG
Warm SJOKOLADE • BRING SKAKERINGS VAN BRUIN IN JOU KLEREKAS IN
DAPPER stapper • ’N MENS KAN NIE DIE WINTER SONDER STEWELS AANDURF NIE
VERSORG JOU VEL • Wees op die uitkyk na bestanddele wat jou vel bevog
Wees WINTER-VRIENDELIK met jou vel • WINTER IS ’N TYD VIR KAGGELVUUR, WARM DRANKIES EN KNUS KOMBERSE, MAAR VIR ONS VEL IS DIT NIE HEELTEMAL SO AANGENAAM NIE. ONS ONDERSOEK ’N PAAR MANIERE HOE JY JOU ROETINE KAN AANPAS OM JOU VEL TE BEVOGTIG EN GELUKKIGER TE HOU
HELP JOU VEL • ’n Masker is ’n intensiewe behandeling wat jou vel onmiddellik sal voed, streel en bevogtig.
Kies en keur • KIES DIE JONGSTE PRODUKTE WAT JOU MET JOU VELSORGKWESSIES KAN HELP
Klop aan by die KENNERS • KENNERS IN DIE SKOONHEIDS-EN STYLBEDRYF GEE ELKE MAAND RAAD EN WENKE OOR HOE OM OP JOU MOOISTE TE LYK
Mooi GEMAAK • WILLEM BOTHA TOOI ALLEDAAGSE VROUE ÉN BEKENDE PERSOONLIKHEDE IN ’N PRAGPRENTJIE MET SY TALENT ÉN GEHALTEPRODUKTE. HY VERTEL MEER
Wen
'n Gesonde skildklier: WAT JY MOET WEET • IS JOU LAE ENERGIEVLAKKE, STRES, SPYSVERTERINGSPROBLEME, HAARVERLIES OF GEWIGSTOENAME AAN ’N ONDERAKTIEWE SKILDKLIER TE WYTE? WORD JOU IMMUUNSTELSEL BOONOP GERAAK? BEWUSTHEID VAN HIPOTIREOSE EN HASHIMOTO SE SIEKTE, DOELTREFFENDE TOETSING EN HOLISTIESE BEHANDELING KAN JOU LEWENSGEHALTE HANDOMKEER VERANDER
Moontlike oorsake van skildklierprobleme
Op die rak • KYK WAT IS IN DIE WINKELS WAT GOED VIR JOU GESONDHEID KAN WEES
Alles in een
FIKS & FERM • NEEM JOU FIKSHEID NA DIE VOLGENDE VLAK
IETS EKSTRA • Kry meer woema met aanvullings
Altyd moeg
DIE AGSTE WONDER • ALBERT EINSTEIN HET GESÊ DAT SAAMGESTELDE RENTE DIE AGSTE WONDER VAN DIE WÊRELD IS. DIÉ WAT DIT VERSTAAN, VERDIEN DIT, DIÉ WAT NIE DOEN NIE, BETAAL DIT
Selfoonvrye SKOLE • AL HOE MEER SKOLE IN SUID-AFRIKA KIES OM SLIMFONE TYDENS SKOOLURE TE VERBIED. DIE GEVOLGE? MINDER ANGS, BETER KONSENTRASIE EN KINDERS WAT WEER POUSES MET MEKAAR...